IIQ KONSULTANTE

sUKSES IS ‘N kEUSE

Moontlike Scenarios vir 2025

Moontlike Scenarios vir 2025

Die laaste drie jaar stem baie ooreen met die die situasie van die periode in die vroee negintiger jare. Dit lyk dat politieke onsekerheid ‘n wesenlike invloed het.

  • Politieke onsekerheid
  • Lae groei in die ekonomie
  • Lae veepryse: Gemid prys van vee verkkop 1991 tot 1994 was R103 en daarna R203 vir die vlg drie jaar
  • Lae Wol pryse R7.17 gemid 1991 tot 1994 en daarna R11.45 vir die vlg 3 jaar
  • Hoe rentekoerse – Gemid 18.75% teenoor nou 11.75%
  • Boerdery was finansieel onder groot druk en het dramaties herstel

Ander Moontlike Scenarios vir 2025

  • Rentekoers neig laer – Langtermyn tot 3% daling
  • Die olieprys neig laer – Inflasie koers kan afneem
  • Beurtkrag neig om te verminder wat ‘n wesenlike positief is
  • Die politieke scenario van RNE blyk of dit wil laat werk
  • Die uitvoer gerigtheid is weer positief
  • Biosekuriteit en naspeurbaarheid is ‘n wesenlike fokus
  • By gewasse word groot moeite gedoen met Global Gap
  • Hopelik sal minder korupsie meer fondse in die ekonomie loslaat
  • Moontlik sal die Regering meer spandeer op infrastruktuur projekte

Moontlike Uitkomste

Ek dink die vleispryse is huidig op die laagste vlakke met ‘n wenslike verbetering volgende jaar.

Ek dink die wolpryse is ook op ‘n baie lae vlak. Vertrou dat China se ekonomie weer verbeter.

Dit lyk asof wolproduksie in Australie baie gaan daal volgende jaar:

Graanpryse gaan moontlik onder druk wees as daar normale en bo normale reen is die volgende seisoene. Voerpryse sal dalk laer wees volgende jaar, mits dit goed reën.

Samevatting

Dit lyk asof volgende jaar vir die vee industrie baie beter sal gaan, terwyl boere met graangewasse moet kophou.